Saturday night alive
Ek doen die Saterdagaand-te-veel-retro-bier-met- happy-hour-in-die-Heartbreak-Hotel-nommer. Ja, ek doen toe weer die ou “man-who-wants-to-live”-drink-naweek-bier-roetine pligsgetrou soos ’n omie wat sy bene probeer terugwen na ’n beroerte sy oefeninge-nommer. Ek doen die-nagtrem-huis-toe-nommer — ek check die paartjies-koer-saam-teen-die-koue-item; ek sidder stilletjies vir die alleen-bum-uitgepass-tenie-ruit- met-die-blou-spinnerak-wat-opkruip-tenie-nek-tattoo-routine. Ek doen die skielike-bevlieging-uitwaai-in-die-nag-nommer om die-walking-on-Miles-Davis-blaas-blou-trompet- oor-die-diep-rivier-met-die-olie-neon-drome-op-scene te loop-speel. Ek doen die inval-by-die-flat- storm-die-yskas-nommer. Ek doen die Judy-Garland-op-die-vensterbank- met-Amaretto-en-melk- ”somewhere-over-the-rainbow”- wat-die-dokter-my-verbied-het-program. Ek doen weer die uit volle bors ”What-now-my-love?- now-there-is-nothing- I-feel-the-world- closing-in-on-me-” die ”What-now-my-love?- now-that-it's-over- -there's-only-sky- where-the-sea-should-be-” nommertjie. Maar ek doen veiligheidshalwe ook die selfkritiese- 1-2-3-blok-myself- is-die-gedig-noodsaaklik?- -prosedure Ek doen die skud-en-skop-die-ou-moedertaal- soos-’n-defekte-Coke-outomaat-in-’n-uitgestorwe-Bahnhof- op-’n-klein-Duitse-spookdorpie-lank-na-middernag-roetine. Ek ruk en pluk my kop-taal-hart soos ’n pinball-masjien en dan doen ek skouerophalend die-Send-nommer – sit af die computer, verlaat die gedig-kamer, borsel tande, loop gly paling en sy in die bed. In die bed lê ek dan elektries stil, wa-wyd wakker – kyk deur die blindings hoe swart die nag hoe sekel die maan. |