Erasmus Genealogie in Suid Afrika


Inleiding

 

Hierdie webwerf reflekteer die werk van die Afrikaansprekende Erasmus-SA gespreksgroep wat oor die herkoms van stamvader Pieter Erasmus en sy nasate in Suid-Afrika en elders na vors. Om by die groep aan te sluit, stuur 'n epos waarin jy jouself en jou belangstelling in die Erasmusfamilie aan die organiseerder Paul Maré voorstel. Ons uiteindelike doel is om al die navorsers se beskikbare inligting te konsolideer.

Volgens  Cor Pama se Groot Suid-Afrikaanse Familienaamboek beteken die van Erasmus "Die Geliefde" in Grieks. Die van is waarskynlik eerste aangeneem deur Desiderius Erasmus van Rotterdam (die wêreldberoemde Hollandse skrywer van Tot Lof van die Dwaasheid, Protestant en Hervormer,  wie gelewe het gedurende die tydperk 1466-1536. Die familiewapen regs (kliek op hom vir 'n groter weergawe) is een van verskeie variasies, en nie alle Erasmusse kan aanspraak maak daarop nie.


Stamvader Pieter (den Deen) Erasmus

Van stamvader Pieter Erasmus se afkoms weet ons min. Daar was al heelwat spekulasie en teorieë op die gespreksgroep bespreek. In sekere Kaapse rekords kom hy voor as Pieter den Deen - vir 'n oorsig van vroeë Erasmusse aan die Kaap, loer hier.

Volgens Mark Barker se bydrae tot die SA Stamouers webwerf verkry hy die plaas Groenkloof in Wagenmakersvallei (vandag Wellington), distrik Drakenstein op 28 Februarie 1699. Hy verkry eers transport in 1714, vermoedelik omdat hy nie ten gunste van Simon van der Stel was nie.

SAG 2 gee ook die plaas aan as Groenkloof in Drakenstein, maar volgens Mieka Erasmus was sy plaas langs Baren Blom s'n, en sy wys daarop dat sekere gedrukte materiaal die verkeerde plaas (Groenkloof) as Erasmus s'n aandui - dit was nie die plaas in  Drakensteiin nie, maar die plaas De Groenenbergh aan die Krommerivier in die Wagenmakersvalleij (hierdie plaas staan vandag bekend as Onverwacht, Bovlei).

Hy behou die plaas tot en met sy dood in 1731. Pieter trou  in 1697 met Maria Elizabeth Jooste, wat in September 1723 oorlede is. Hulle het die volgende kinders:

Let ook daarop dat meeste bronne nie Ester as 'n dogter meld nie.  Jean le Roux identifiseer haar en nog 'n dogtertjie (bx en by hierbo) - afgelei van die aantal kinders aangedui op Monsterrolle, en die naam Hester wat voorkom op haar moeder se sterfkennis).  Voorkinders is nie baie ongewoon by die ou Erasmusse nie. Lourens (b3), Jacob (b6) en Carel van Lourens (b3) het voorkinders gehad by moeders met wie hulle nie getroud was nie.

Toe die Inventaris geneem was nadat Maria dood was in 1723 word die volgende persone aangegee as hulle kinders:

Volgens die Inventaris moes die dogter Maria Hanna voor haar moeder gesterwe het.

Bronne:

AM van Rensburg se SA Stamouers inskrywing vir Pieter Erasmus, gebaseer op Mark Barker se bydrae.
Inligting deur Sasa Malan ingestuur na GenForum


Erasmus Register

Die register lê voorlopig hier gelaai op Rootsweb se gawe WorldConnect projek.

Ek sal dit vreeslik waardeer as julle my van julle data in GEDCOM formaat kan voorsien, dan sit ons dit hier waar ons almal dit kan bykom en bestudeer totdat ons dit konsolideer. Van Rootsweb af is daar verskillende manier om die data te visualiseer en mens kan jou eie GEDCOM aflaai vandaar af.


Ten Slotte - Ons Goeie Bedoelings

Waar ons by ander bronne leen, gee ons gewoonlik erkenning met bronverwysings. Indien daar enige inligting hier gepubliseer is waar daar op iemand se tone getrap word, of wat feitelik inkorrek of onvolledig is, laat weet asseblief die webmeester; so ook met betrekking tot privaatheid van enige data wat hier gepubliseer is.


Jy is besoeker

Counter

vanaf 5 Januarie 2003.


Kom loer wie besoek ons. Web Stats
Kom loer wie besoek ons.
1