Armoria
http://www.geocities.com/armoria_frage

VDG

Waar kan ek ’n wapen koop?

Buro vir Heraldiek, Pretoria

DIT is in terme van die wet nie moontlik om ’n heraldiese wapen te koop nie, òf vir persoonlike gebruik òf vir ’n korporatiewe eienaar.

’n Handelaar mag miskien aanbied om vir jou een te verkoop, maar terwyl hy miskien geld mag vra vir die afdruk of kunswerk, kan hy jou nie ’n wapen verkoop nie. Al eienaarskap wat jy verkry is van die afdruk of skildery, en as jy nie die geïllustreerde wapen besit nie, kan dit van bevraagbare waarde wees.
College of Arms, Londen

Indien ’n handelaar sê hy kan jou voorsien van ’n wapen wat wetlik joune is, ondersoek altyd sy bona fides. In die meeste gevalle kan hy dit nie doen nie. By tye sal ’n handelaar miskien namens jou aan ’n heraldiese gesag aansoek doen (kyk volgende paragraaf), maar dit is gewoonlik die beste om direk met so ’n gesag te handel.
Wapenkoning Lyon

Die enigste wetlike manier om ’n wapen te verkry is deur ’n aansoek aan ’n wetlik gekonstitueerde heraldiese gesag.

Alhoewel gelde betaalbaar is om ’n wapen so te verkry, word dit nie as ’n kooptransaksie beskou nie. Die sertifikaat wat vanaf die gesag verkry word, is nie verhandelbaar nie.

In Suid-Afrika is die relevante gesag die Buro vir Heraldiek in Pretoria.

Ander gesagte waar jy moontlik aansoek sou wil doen is die College of Arms in Londen, die Wapenkoning Lyon in Edinburg, die Hoof-herout van Ierland in Dublin, een van die Spaanse wapenkonings, of een van die heraldische Gemeinschaften wat in Duitsland opereer. (Kyk hierdie bladsy vir ’n uitgebreide lys.)
Phriomh Aralt na hÉirann / Hoof-herout van Ierland (wapen van die Nasionale Biblioteek van Ierland)

Die meeste van hierdie gesagte sal, onder gegewe voorwaardes,[1] bereid wees om ’n wapen te verleen. Die Buro in Pretoria gebruik die term registrasie, maar dit kom op dieselfde ding neer.



[1] ’n Suid-Afrikaner wat aan Europese gesagte aansoek doen, sal ’n gesag moet nader wat by sy of haar eie familie paslik is. Gewoonlik sal sulke gesagte slegs aan Suid-Afrikaners verlenings doen waar die betrokke familie uit daardie land afkomstig is.

Die gelde wat by sulke verlenings betrokke is, is gewoonlik heelwat hoër as dié wat in Pretoria gevra word.


Counter

Volgende vraag

Terug na bo

For English, click here

  • Bronne: wapen van die Buro vir Heraldiek en van die College of Arms vanaf dokumente deur daardie gesagte uitgereik; wapen van die Wapenkoning Lyon uit Simple Heraldry deur Iain Moncreiffe en Don Pottinger (Thomas Nelson & Sons). Kleure met behulp van MS Picture It! ® aangepas

  • LET WEL: Die vertoon van die wapens van hierdie kantore impliseer nie enige verhouding daarmee of gesag deur hulle verleen nie.

    Terug na VDG-indeks

    Terug na Heraldiek-ABC-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • 1