Om sake te vererger, het Bosluiskoors onder die vee uitgebreek.
Die boere het geld van die regering gekry om op die been te kom, maar die
beeste wat die boere van die regering gekoop het, het gevrek. Die boere
moes toe verder skuld by die regering aangaan om weer van voor af hulle
plase op te bring. Die skuld het baie boere net eenvoudig geknak.
Die oorlog het die Afrikaner verarm. Baie boere kon na die oorlog nie weer herstel het van al die skade nie, en menigtes het na die groot stede gegaan om werk te soek. Voor die oorlog het baie Afrikaners wat nie grond gehad het nie, as bywoners op die plase gewoon, waar hulle gewerk het vir hulle kos en verblyf. Baie van hierdie mense moes na die oorlog ook na die stede vertrek. Die myne en groot maatskappye wou nie die Afrikaner werk gee nie. Hulle het verkies om die swartes in diens te neem teen baie laer lone. Op 10 Februarie 1905 het Generaal CF Beyers by Haenertsburg ‘n volk gestig. Volksvereenigings is orals in die Vrystaat en die Transvaal op die been geroep. Die bedoelings met die stigting was om samewerking tussen die Afrikaners te bevorder. Die eerste openbare vergadering was op 10 Maart 1905 gehou om die bestuurslede te verkies. Op 31 Mei 1910 is die Unie van Suid Afrika gebore. Dit het die Kaapkolonie, Natal, Vrystaat en die Transvaal in een land saamgesnoer met ‘n parlement as regering. Kaapstad het die parlementêre hoofstad geword, met Pretoria as administratiewe hoofstad en Bloemfontein as setel van die hooggeregshof. Baie van die Boere helde het nie na die oorlog gaan lê nie. In 1912 het Smuts vir Christiaan Beyers as kommandant generaal van die nuwe weermag aangestel, met Kemp en Manie Maritz as sy staf offisiere. Die drie generaals het ‘n komplot gesmee om die regering omver te werp en die Boere Republieke weer te herstel. Hulle geleentheid vir aksie het hom voorgedoen toe die groot oorlog uitgebreek het. De la Rey en Beyers het op 15 September 1914 na Pretoria gegaan om vir Botha te oortuig om by hulle aan te sluit, maar hulle het nooit daar aangekom nie. De la Rey was in ‘n padblokade dood geskiet deur die Britse troepe. De Wet, Maritz en Beyers het ‘n openlike opstand teen die regering begin, terwyl Botha en Smuts teen hulle gestaan het. Beyers is deur die Britse polisie vervolg en het in ‘n rivier verdrink terwyl hy probeer wegkom het. Maritz het na Angola gevlug, vanwaar hy na Portugal gereis het. Hy sou eers baie later terug gekeer het en deur die regering gevang word. Toe De Wet besef dat die opstand nie veel van ‘n kans het om te slaag nie, het hy deur Botswana na Suid Wes Afrika gevlug om vir Generaal Jan Kemp te gaan soek. Na ‘n lang en vermoënde reis deur ‘n dorre land het hy op 30 November 1914 by ‘n watergat tussen die duine gaan rus. Die regering se troepe het hom die volgende oggend daar omsingel en hom gevange geneem. |