Hulle was toe na Pietersburg geneem en in huise vir omtrent
een maand gehuisves. Daarna is hulle na tente in ‘n kamp buite die dorp
verskuif. Die mense het baie moeilike tye daar gehad. Daar het die rantsoene
wat hulle gekry het bestaan het uit meel, vleis, koffie en suiker. Die
mense het nie gekla oor die meel nie, maar die vleis wat hulle ontvang
het was van die maerste beeste wat daar kon wees.
Dit mag dalk na ‘n grap klink, maar dit was waar. Die beeste was besmet met siektes. Die siek beeste is geslag en begrawe. Party van die siek beeste was geslag en aan die mense gegee om te eet. Dit is wat hulle daar gekry het! Sommige van die beeste het vuursiekte gehad. Dit het hulle gekry om te eet! Jacobus het 5 pond vleis gekry om sy hele gesin vir drie dae te voed. Na ‘n tyd het hulle skaapvleis gekry. Die skape het dood gegaan van masels voordat dit geslag was. Na ‘n tyd het die skape hartwater gekry en is geslag vir die mense om te eet. Dit is wat hulle daar gekry het! Jacobus het grafte vir die dooies gegrawe, soms tot sewentien per dag. Hulle het tot twaalf lyke op ‘n keer op ‘n wa gelaai. Elke keer het die optog in ‘n begrafnisstoet ontaard. Hulle het die kos geblameer. Na ‘n tyd het die mense geweier om die vleis te eet. Die Engelse doktor het die vleis ondersoek en gevind dat al die skape besmet was. Die skape is toe geslag en begrawe. Daarna het hulle geblikte graanvleis ontvang. Jacobus het elke oggend na die lyktent gegaan om die name van die dooies in sy dagboek neer te skryf. Elke lyk het ‘n kaartjie op die bors vasgespeld gehad, waarop die naam geskryf was. Jacobus het die lengte en breedte van elke lyk geneem. Dan het hy ‘n graf vir elke lyk gegrou volgens die mates wat hy geneem het en ‘n papiertjie in die oop graf geplaas met die lyk se naam. Na die kerkdiens het Jacobus die lyke met ‘n muilwa na die begraafplaas geneem. Tien tot twaalf doodskiste was op ‘n slag op die wa gelaai. By die begraafplaas het hy na die lyk se naam gesoek op die papiertjie in die graf en elke lyk in die graf geplaas en die graf weer toegemaak. Hy het tot sestien of sewentien mense op ‘n dag begrawe. Die geween en hartseer van die konsentrasiekampe sou vir nog baie jare met die Afrikaner bly. Jacobus is in Junie 1901 na die konsetrasiekamp gestuur met sy vrou en 7 kinders. Die jongste kind, Margritha Jacoba was maar 5 maande oud gewees. Elke dag het hy aanskou hoe die dooies weggeneem word. Elke tent waar hy ingeloer het, het hy die siek mense gesien. Dit het hom groot laat skrik, want hy het ‘n vrou en kinders om na om te sien gehad. Hulle was nog maar twee weke in die konsentrasiekamp, toe amper al sy kinders ook siek raak. Orals het die mense wat masels gekry het gesterf. Selfs volwassenes het gesterf van die masels. Jacobus was magteloos gewees. Al wat hy kon doen was om te bid. Hy het elke dag en nag saam met Margritha tot die Here gebid om hulle kinders te spaar. Al sy kinders het weer gesond geword. Hulle het die Here 2 tot 3 maal per dag gedank vir die genade. Die Britte het nou al alle gebiede van die Boere Republieke beset. Daar was nog maar net ‘n paar kommando’s wat steeds geveg het oor die land versprei. Hierdie Boere het bekend gestaan as die ‘Bittereinders’. Hulle hoof taktiek was om die ‘sagte teikens’ soos spoorlyne en kommunikasie lyne aan te val. Die Boere was hoogs beweeglik en dit was moeilik vir die Britte om hulle te agtervolg, veral in die Soutpansberg omgewing waar Generaal Beyers ‘n klein kommando gelei het. Wanneer die Boere militêre teikens aan geval het, het hulle seker gemaak dat hulle die verassings voordeel aan hulle kant sou hê. Wanneer die Britte wou terug slaan, het die Boere net eenvoudig in die bosse en berge in verdwyn. |