Nadat Roberts Pretoria op 5 Junie 1900 ingeneem het, het
die Britse magte begin om die Transvaalse platteland skoon te maak. Die
veldtogte in die Oos Transvaal en Wes Transvaal met is ‘n paar botsings
met die Boere magte gekenmerk, maar meesal het die Boere magte die Britse
aanslag ontwyk.
Op 4 September 1900, kort na die val van Pretoria, het die Transvaalse regering omvattende veranderinge aan die kommando strukture aangekondig. Hierdie veranderinge was bedoel om die kommando’s voor te berei op die nuwe vorm van oorlog voering. Ou en onbevoegde offisiere was opsy geskuif om plek vir jonger manne te maak. Die proklamasie het voorsiening gemaak dat offisiere deur hul hoër range aangestel kon word. ‘n Kommandant sou aangestel word om bevel oor tussen 300 en 500 manne te neem, ‘n veldkornet sou tussen 100 en 200 manne lei en ‘n korporaal sou oor elke 15 man aangestel word. Die magte en pligte van offisiere is uitgebrei en strenger optrede teen oorlopers was ingestel. Alhoewel die proklamasie ook voorsiening gemaak het vir ‘n verhoging in die lone van manne en offisiere, is hierdie lone nooit betaal nie. Veldkornette Beyers en Kemp was tussen die manne wat bevorder is na die rang van Generaal. Kemp het die bevel oor die Krugersdorp, Rustenburg en dele van die Pretoria kommando’s oorgeneem. Die her organisasie het vir Beyers in bevel van die Noord Transvaal geplaas, De la Rey in bevel van die Wes Transvaal, Botha in die Oos Transvaal, Viljoen in die Verre Oos Transvaal en De Wet in die Vrystaat. Kemp het aan die begin van die oorlog deelgeneem aan die inval in Natal as waarnemende veldkornet van die Krugersdorp kommando. Hy in 1899 ‘n prominente rol gespeel in die veldslae by Talana koppies, Ladysmith, Colenso en Spioenkop. Kemp en Veldkornet Beyers het op 16 Julie 1900 vir Kommandant Ben Viljoen bygestaan by die slag van Witpoort en weer op 21 Augustus 1900 by Bergendal. Kemp en Beyers het met De la Rey saamgespan om nuwe lewe in die oorlog teen die Britse invallers te blaas. Hulle het ‘n poging aangewend om die Rand in Desember 1900 met 1,500 manne aan te val, maar die pogings was kort geknip om vir De la Rey by Nooitgedacht by te staan. De la Rey het Generaal Clemence se kamp by Nooitgedacht op 13 Desember aangeval, terwyl Kemp en Beyers die Britse buiteposte op die berge geëlimineer het. Hulle het 230 Britte gewond en gedood, 315 gevangenisse geneem en 500 muile, 400 perde en vele ammunisie waens gebuit. Na die slag van Nooitgedacht het Kemp en Beyers deur die Britse linies tussen Pretoria en Johannesburg gebreek om met Generaal Botha in die Oos Transvaal kragte saam te snoer. Beyers het suid geswaai in ‘n poging om die spoorlyn tussen Springs en Brakpan op te blaas en die telegraaf lyne by Benoni te sny. Hy het so vêr as die voorstede van Johannesburg gevorder, toe hy terug geroep is om bevel van die Soutpansberg kommando by Pietersburg te gaan oorneem. De la Rey het Lichtenburg sonder sukses op 3 Maart 1901 aangeval. Kemp het onmiddellik terug gekeer na die Oos Transvaal om sy kragte by De la Rey te voeg. Die aanval van 22 Maart op Geduld het ook sonder sukses vir De la Rey geëindig. Kemp swaai toe na Vlakhoek om vir Kolonel Dixon wat op ‘n strooptog in die “geskroeide aarde” veldtog deur die Wes Transvaal was, te gaan stop. Kemp het vir Dixon oorweldig en 2 kanonne en ‘n long-tom gebuit. Verwarring het gedurende die daaropvolgende opvolgaksie uitgebreek toe Veldkornet Du Toit begin het om Kemp se troepe met die kanonne te bombardeer. Dit het vir Kemp gedwing om die opvolg aksie te laat vaar. Dixon het beheer oor sy kamp terug gewen en die kanonne in sy teenaksie terug gebuit. Kemp het hierna vir die res van die oorlog by De la Rey gaan aansluit. |