Jacobus
het in die voorste linies geveg. Die vyand is gou terug gedryf. ‘n Mistige
wolk het oor die omgewing gekom en Magatoe se hele stat bedek, waarna die
Boere begin het om forte te bou. Toe die forte, of eerder verskansings,
byna gereed was, het die digte wolk mis oor Magatoe se stat weer opgeklaar
en Generaal Joubert het opdrag gegee om die stat met kanonne, bomme en
Mausers te bombardeer. Na ‘n ruk het hulle die stat bestorm. Die berg was
baie steil, maar die burgers het binne ‘n halfuur die berg op gestorm en
Magatoe se stat ingeval.
Al die troepe van Magatoe het op die vlug geslaan, terwyl sommige dood
geskiet was. Een van die burgers was by die stat doodgeskiet deur ‘n vyandige
soldaat, wat vanuit ‘n gat in die grond geskiet het. Magatoe se stam het
na Rhodesië gevlug. Op die manier is die eens magtige stam wat die
Boere vir reeds meer as dertig jaar lank geteister het tot niet gemaak.
Drie Boere was ‘n die slag gedood en 6 was gewond.