Die JJ Potgieter Manuskrip

Jacobus gee oor

Die oggend van die derde dag beraadslaag die manne weer om nuwe planne te maak. Hulle besluit toe om oor te gee. Hulle kon nie meer uithou teen die swartes en die oorweldigende mag van die Britte.

So was die toe dat Jacobus Johannes Potgieter en L Alberts na die vyand se kamp, wat nie ver daarvandaan was, gegaan het om vir beskerming teen die swartes te vra. J Dames het agter gebly om die families teen die plunderende swartes te beskerm.

Dit was met ‘n swaar gemoed wat Potgieter sy wapen aan die vyand sou oorgee, maar hy was daartoe gedwing, om sy gesin te beskerm. Hy het maar net op God vertrou.

Jacobus het die vyand gaan ontmoet. Hulle was bang toe hulle hom gewaar, aangesien hulle ongewapende Boere van die Kaapkolonie was, wat in die Britse mag diens gedoen het as drywers vir die waens en muile. Hulle het daar in die rivierbedding gestaan met die stukke van die long-tom kanon wat deur die Boer soldate opgeblaas was. Die muile kon nie die vier wiele en die een stuk van die kononloop trek nie, want dit was ‘n groot kanon gewees. Hulle het die ander stuk van die loop op ‘n ander wa gelaai.

Jacobus het die vyand by Najensbrook in die Houtbos wyk, omtrent een uur se reis van sy huis af, ontmoet. Hy het hulle beleefd gegroet. Hulle het sy groet beantwoord en aan Jacobus gevra waarheen hy op pad was. Hy vertel toe aan hulle en vra “Wat gaan aan? Ek het verwag om Engelse hier te ontmoet. Nou ontmoet ek Boere as vyand?”

Een het geantwoord “Wat dink jy? Ons is baie meer as julle. Ons kommando is ongeveer 1,200 sterk, waarvan die meeste Boere is wat die Engelse troepe help.”

Jacobus vra toe “Hoe kan dit dan wees dat julle veg teen julle eie nasie?”

“O ja?” sê die man, “Ons is Britse onderdane van die Kaapkolonie en van Natal.”

Jacobus vra aan hom “Waar is julle generaal? Ek wil hom sien.”

Daar was een offisier saam met hulle gewees. Hy sê toe aan een van die drywers “Gaan saam met hierdie man en neem hom na die generaal, die hoofbevelvoerder van die laer.”

Die laer was nie vêr daarvandaan. Jacobus en Alberts het toe nog steeds hul wapens gedra. Uiteindelik het Jacobus die hoër offisier ontmoet en sy wapen neergelê. Hy vra toe aan die offisier “Hoe is dit dan dat dit lyk of jy met swartes teen ons veg, en hoe laat jy die swartes ons huise en families plunder?”

Hy het Jacobus toe geantwoord “Hoekom het julle nie al oorgegee nog voordat ek hierheen moes kom nie?” Julle het my hierheen laat kom vir niks!”

Jacobus sê toe “Dit is nie regverdig om met swartes teen blankes te baklei nie. Nog meer so, om hulle ons vrouens te laat aanval!”

Die offisier antwoord hom “Ek het die swartes beveel om nie sulke dinge te doen nie, maar hulle wou nie luister nie.”

Jacobus antwoord “Ek glo dit nie!”

Die offisier sê toe aan Potgieter om op ‘n sekere plaas te gaan wag.

Jacobus sê toe “Nee! Ek het nie tyd om rond te sit nie. Gee aan die swartes opdrag om op te hou om ons families te plunder.”

Die offisier het toe beloof om so te maak en vra Jacobus om so ‘n bietjie te wag. Die bevelvoerende kommandant sal binne kort daar wees. Jacobus sal ‘n beter kans hê as hy met hom praat.

Jacobus maak toe ook so. Die bevelvoerende kommandant het kort daarna opgedaag en vir Jacobus geroep. Jacobus het weereens op dieselfde wyse daarop aangedring dat die swartes gestop moet word om die huise te plunder. Die offisier gee toe gehoor aan sy versoek, maar wat help dit toe? Alles was toe al reeds gevat en geplunder. Net Jacobus se gesin, en die gesinne van Alberts en Dames, en omtrent een of twee andere wat deur die mans beskerm was, was nog nie geplunder nie.

“Wel, “ sê die offisier “ek sal jou laat terug gaan. Bring julle gesinne hier.”

Jacobus antwoord “Die swartes het al die osse en waens gesteel. Hoe kan ek dit dan doen.?”

Die offisier stuur toe ‘n boodskap na die swartes om aan Jacobus sy osse en voertuie vir die vervoer van sy gesin terug te gee. Daarop het Jacobus terug na sy gesin gegaan. Dit was reeds laat toe Jacobus tuis gekom het. Sy gesin was steeds veilig, behalwe dat hulle vol verdriet was. Jacobus moes toe eers troos. Hulle berei hulle toe die volgende oggend voor. Die swartes het aan hulle 5 osse, maar niks waens gebring. 

Mense wat geplunder was het na L Alberts se huis gevlug gedurende die nag. Party het niks klere of komberse gehad nie. Sommiges het komberse gehad wat hulle begrawe het toe die swartes aangeval het. Hulle het dit weer uitgegrawe en gevlug nadat die swartes weg was. 


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe
  1